Al was ek nie daar nie
Vers 1
Al was ek nie daar nie - ek weet dit is waar Die krip en Maria met die kindjie by haar. Dis of ek die engel die boodskap hoor bring Van Jesus se vrede, wat harte laat sing.
Vers 2
Al was ek nie daar nie - ek weet dit is só Die herders en wyses het dit eerste geglo. En deur al die jare, bou Jesus Sy kerk - die Gees en die Woord kom geloof in ons werk.
Herders op die ope velde
Vers 1
Herders op die ope velde het dié nag die eng’lekoor met die blye evangelie uit die hemel aangehoor:
Koor
Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God in die hoogste heem’le. Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God in die hoogste hemele.
Vers 2
Met hul harte vol van vreugde praat hul van die Jesuskind: Herder vir die mens opaarde wat verdwaaldes soek en vind.
Koor
Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God in die hoogste heem’le. Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God in die hoogste hemele.
Vers 3
Ere in die hoogste hemel, klink dit nou die wêreld deur: Liefde, vrede, welbehae daal in Jesus tot ons neer.
Koor
Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God in die hoogste heem’le. Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God in die hoogste hemele.
Hoor die Blye Eng'lelied
Hoor die blye eng’lelied aan die Koningseun gebied: “Vrede op aarde - God die eer Hy daal tot die sondaar neer.”
Almal wat Hom liefhet, sing om Hom lof en dank te bring! Almal, juig met hart en stem: God word mens in Betlehem. Hoor die blye eng’lelied aan die Koningseun gebied.
Kom alle Getroues
Vers 1
Kom, alle getroues, vrolik en vol vreugde, o kom in die gees nou na Behetlehem! Loof daardie Kindjie tot ons heil gebore - kom buig daar in aanbidding, kom buig daar in aanbidding, kom buig daar in aanbidding, voor Jesus, die Heer.
Vers 2
‘n Kind is gebore; loof die God van liefde! Hy kom ons verlos, Hy is Wonderbaar, Raadsman en Sterke, God en Vors van vrede! Ons buig in blye aanbidding, ons buig in blye aanbidding, ons buig in blye aanbidding, Verlosser en Heer!
Vers 3
Kom, lofsing die Here; Hy is onse Koning. Vir ons word Hy mens en oorwin die dood. Hy heers met reg in hemel en op aarde - buig dankbaar in aanbidding, buig dankbaar in aanbidding, buig dankbaar in aanbidding, voor Christus, die Heer!
Vers 4
Kom, lofsing die Here, loof Hom, al wat lewe! Wees vrolik, besing nou sy majesteit. In U, Getroue, bly ons ook behoue. Ons prys U in aanbidding, ons prys U in aanbidding, ons prys U in aanbidding, Gesalfde en Heer!
Ken jy die lied
Vers 1
Oor Bethlehem het ‘n lig verskyn ‘n nuwe ster skitter in die ruim Oor die wêreld heen breek ‘n nuwe dag Dit het gebeur daardie Kersfees nag
Vers 2
Van ooral oor kom die mense saam Om Hom te sien te hoor wat is sy naam En ‘n engle koor bring aan Hom die eer Emanuelle geboorte van die Heer
Vers 3
Ken jy die lied, ken jy die verhaal ‘n Koningskind nederig in ‘n stal Uit die Vaderhuis daal hy tot ons neer Emanuelle geboorte van die Heer
Vers 4
Ken jy die lied, ken jy die verhaal Die Seun van God vir elke mens en taal Uit die Vaderhuis daal hy tot ons neer Emanuelle geboorte van die Heer
Somerkersfees
Vers 1
Welkom o stille nag van vrede Onder die suiderkruis Wyl stemme uit die ou verlede Oor sterrevelde ruis.
Koor
Kersfees kom, Kersfees kom Gee aan God die eer. Skenk ons ‘n helder Somerkersfees In hierdie land, o Heer.
Vers 2
Hoor jy hoe sag die klokke beier In eeue-oue taal Kyk, selfs die nagtelike swye vertel die ou verhaal
Koor
Kersfees kom, Kersfees kom Gee aan God die eer. Skenk ons ‘n helder Somerkersfees In hierdie land, o Heer.
Vers 3
Voel jy ook nou Sy warm liefde As ons die dag gedenk Toe Hy sy Seun aan ons gegee het Ons grootste Kersgeskenk
Koor
Kersfees kom, Kersfees kom Gee aan God die eer. Skenk ons ‘n helder Somerkersfees In hierdie land, o Heer.
Stille Nag
Vers 1
Stille nag, heilige nag! Jesus kind, lank verwag. Lig uit lig, uit die Vader se ryk, word uit liefde aan mense gelyk. Loof die hemelse Kind! Loof die hemelse Kind!
Vers 2
Stille nag, heilige nag! Hemelvors, ons gee ag op die lied van die engelekoor. Herders het dit die eerste gehoor. Juig die Redder is daar! Juig die Redder is daar!
Vers 3
Stille nag, heilige nag! Jesus Heer, voor u mag, Voor u ryk moet die duisternis swig. Tot in ewigheid bly U die Lig. Heer gebore vir ons! Heer gebore vir ons! Heer gebore vir ons!
Dusty Bibles
We got dust on our Bibles Brand new iPhones We wonder why we feel this way
Verse 1
Hey, how you been? It’s been a while, and I’m just checking in I miss the way things used to be Back in 2017 And I just miss my friend
Verse 2
Hey, I’ve been fine I’ve been struggling to find some peace of mind It’s the problem of a nation And in our generation We’re too busy, can’t find the time Are we busy, or is it all a lie?
Chorus
We got dust on our Bibles Brand new iPhones No wonder why we feel this way We walk with our eyes closed Blind leading blind folks And I’m done with those idols and Dusty Bibles
Verse 3
You only get this one life I don’t wanna sit and watch it pass me by I’m so done being complacent There ain’t no replacement For a life in the light of Your way Oh, I’m done; had enough of my way
Chorus
We got dust on our Bibles Brand new iPhones No wonder why we feel this way We walk with our eyes closed Blind leading blind folks And I’m done with those idols and Dusty Bibles
Bridge
I miss the way things used to be Back in 2017 And I just miss my friend Oh, I just miss my friend
Chorus
We got dust on our Bibles Brand new iPhones No wonder why we feel this way We walk with our eyes closed Blind leading blind folks And I’m done with those idols and Dusty Bibles